Plaas is geleë in die Noord-Wes Provinsie, Vergeleë area in die hartjie van die Molopo, 163km van Mahikeng af. Plaas is 1700 ha waarop gejag word. Ons is +-10km van die Botswana grens af.
Daar is twee opsies:
‘n Tent kamp wat 8 jagters kan huisves (2 tente wat 4 jagters elk kan huisves).
Plaashuis wat 10-12 mense kan huisves. Die huis het Eskom krag maar tente het gas en sonpaneel ligte.
Minimum 4 jagters en 2 dae se jag word vereis vir bespreking teen R500 per jagter per nag.
Nie jagters R300 per person per dag.
Kinders onder 12, R250 per person per dag.
Kinders onder 6 bly gratis.
Kuier area met groot boma met braaier en plek vir “bonfire” by tente asook by die huis.
Een wa-vrag vuurmaakhout. Elke vrag daarna R1000/vrag.
Daar is MTN sein by die huis maar sodra jy in die veld in beweeg is daar Vodacom sein ook.
Rooihartebeeste: R5400
Springbokke (Kalahari): R3000
Zebras: R5400
Rooibokke: R3000
Elandbulle word nie gejag nie. Slegs Trofeebulle teen R20 000
Elandkoeie: R9500
Gemsbokke: R9000
Blesbokke: R3000
Vlakvark: R1000
Koedoekoeie: R5400
Koedoebul (50 – 51 7/8 “): R15 000
Koedoebul (52 – 53 7/8 “): R18 000
Koedoebul (54 – 56 7/8 “): R22 000
Koedoebul (57 – 59 7/8 “): R25 000
Alle bedrae sluit BTW uit.
Ry Aanwysings: Vanaf Mahikeng neem die N18 vir 44km dan draai u links op die R375, hou dan vir 104km op die pad tot u die bord Toledo aan u regterkant kry dan u u by die bestemming.