Product Description
Plaas is geleë in die Noord-Wes Provinsie, Vergeleë area in die hartjie van die Molopo, 163km van Mahikeng af. Plaas is 1700 ha waarop gejag word. Ons is +-10km van die Botswana grens af.
Verblyf
Plaashuis: 15 enkel beddens, 2 kamers met elk n dubbelbed, twee badkamers en n sitkamer
Minimum 4 jagters en 2 dae se jag word vereis vir bespreking
- Nie jagters R300 per person per dag
- Kinders onder 12 R250 per person per dag.
- Kinders onder 6 bly gratis
- Kuier area met groot boma met braaier en plek vir bonfire by tente asook by die huis
- Soveel vuurmaak hout soos benodig.
- Daar is MTN sein by die huis maar sodra jy in die veld in beweeg is daar Vodacom sein ook
Jag pryse
- Rooihartebeeste R5000
- Blou Wildebeeste R4000
- Springbokke (Kalahari) R 1900
- Springbok Ooie (Kalahari) R1900
- Zebras R5000
- Rooibokke R2000
- Rooibok Ooie R1900
- Elande R10000, Trofee R15000
- Eland Koeie R9000
- Gemsbokke R 6500
- Blesbokke R 2000
- Vlakvark R1000
- Koedoes Vroulik R5000, Bulle onder 49” R9500, Trofee bulle se prys op aanvraag
Alle bedrae sluit BTW uit.
- Geweer en boogjag beskikbaar
- Gekweste wild word voluit betaal
- Wild per ongeluk raak geskiet word voluit betaal
- Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir skade gely of beserings opgedoen tydens u jag nie
- Alle rekeninge moet betaal word voor die plaas verlaat word
- Geen drank word toegelaat gedurende die jag
- Alle vuurwapenlisensies moet by aankoms getoon word
- Daar sal teikens beskikbaar wees. ‘n Minimum van 3 skote per jagter word vereis, voor u in die veld toeglaat word.
- R100 per mis skoot
- Trofee jag beskikbaar op aanvraag van klient
- Alle diere geskiet wat bo Rowland Ward meet sal trofeeprys voor betaal word.
- Daar moet ten alle tye n PH teenwoordig wees tydens n jag, wat aan u voorsien sal word.
- Daar is n vliegveld as u wil invlieg. Koordinate S25 41’ 55,06” E 24 18’ 05,28”
- Kinders onder 6 bly gratis
- Jagbakkie teen R500 per dag
- Slaggeriewe, trofeekamer asook ‘n koelkamer
Ry Aanwysings: Vanaf Mahikeng neem die N18 vir 44km dan draai u links op die R375, hou dan vir 104km op die pad tot u die bord Toledo aan u regterkant kry dan u u by die bestemming.
Reviews
There are no reviews yet.