Sign In

  • Size of property
    1600
  • Payment
    EFT, Card, Cash
  • Beds
    15

5 Minute se ry buite Tosca op die Vergelee pad is Marstone Safaris. Verblyf is in ‘n 3-slaapkamer huis met sitkamer waar stretchers ook opgeslaan kan word. Die huis het lopende water en ‘n donkie wat warm water voorsien. Geen elektrisisteit nie. Geen gasstoof nie. Daar is 3 dubbelbeddens in die huis. Jagters is verantwoordelik om hul eie beddegoed en handdoeke te bring. Toiletpapier word voorsien.

Kom geniet ‘n bekostigbare, dog gerieflike jag met basiese geriewe.

Die plaas is ‘n beesplaas met geen wildsheining nie, menende trekwild. Jagters kan hul eie vervoer gebruik. ‘n 50 kg sak kameeldoringhout per aand word voorsien.

Selfsorg. R250.00 pppn.

Jagreels

  • Daar is geen jagbakkie beskikbaar nie. Jagters kan eie voertuie gebruik en is verantwoordelik om hul eie bokke na die slagplek en koelkamer, sowat 2km vanaf die plaas te neem.
  • Gids is verpligtend en gidskoste is by die afslag van die bokke ingesluit.
  • Gekweste wild sal ten volle betaal word.
  • Verblyf en alle wild moet ten volle betaal word voor die jagters die plaas verlaat.
  • Gidse moet in kennis gestel word van hoe vroeg jy wil begin jag in die oggende.
  • Geen drank word tydens jagte toegelaat nie.
  • Gewere moet in geweersak bly op die hoofpad terwyl daar na die jagveld gery word.
  • Gids: R150.00 per dag.
  • Koelkamer: R300.00 per dag.
  • Maksimum 4 jagters in veld

Jagpryse 2024

Koedoebul: R4 500
Koedoekoei: R4 000
Koedoe bo 50″: R5 500
Vlakvark beer: R400
Vlakvark sog: R350
Duiker Ram: R2 500
Duiker ooi: R2 000
Steenbok ram: R2 500
Steenbok ooi: R1 500
Blesbok ram: Nie beskikbaar in 2024
Blesbok ooi: Nie beskikbaar in 2024

BTW ingesluit.

Opgedateer: 25 Januarie 2024

Categories

Rentals Categories

Features

Regions

Animals

Terrains

Pricing

Accommodation

  • Hunters

    Per person per night

    R 250.00
  • Non-Hunter

    Per person per night

    R 250.00

Other

  • Cold Storage

    Per day

    R 300.00
  • Guide

    Per day

    R 150.00

Location

Booking

Guest Breakdown 0
Number of Guests 1
Number of Guests
Have a coupon?
This coupon was added
Login to Book
4 people bookmarked this place