Sign In

Louwsvley Tent Camp

Karas Aroab Namibia
  • Size of property
    12 000 ha
  • Payment
    EFT, Card, Cash
  • Beds
    22

Louwsvley is geleë 28km vanaf Aroab en sowat 68km vanaf die Suid-Afrikaanse grens Rietfontein. Jagters kan ontspan in ons volledige toegeruste selfsorg jaghuis waarin 12 persone kan oornag. Kom bederf jouself en ervaar ‘n Kalahari jag-avontuur van ‘n leeftyd!

Geen naweek jagte, slegs weeksdae.

‘n 50% Deposito word vereis om u datum te reserveer. Die volgende 25% is betaalbaar voor aankoms. Die balans is betaalbaar op die plaas of voor aankoms aan NextHunt.

Wild Beskikbaar:

  • Gemsbokke: R4 500
  • Springbokke: R1 200

Pakket:

1 Gemsbok + 8 Springbokke of
2 Gemsbokke + 4 Springbokke

Daar word op ‘n bykomende plaas 85km van Louwsvley ook gejag op sowat 6000ha. Die plaas is maklik bereikbaar en sowat ‘n uur se ry. Eie vervoer word gebruik tussen plase.

Verblyf:

Netjiese jaghuis @R400 p/p per nag

  • 10 Beddens (Cloud-9 matrasse, linne word voorsien, bring eie handdoeke)
  • 2 Badkamers
  • Elektrisiteit 24/7
  • Ingerigte kombuis met alle toebehore
  • Moderne braaigeriewe
  • Pooltafel en darts
  • Vuurmaak put (Bonfire)
  • Wifi

Tentkamp @R350 p/p per nag

  • 5 Tente (2 persone/tent)
  • 10 Stretchers met kampmatrasse
  • Netjiese badkamer/toilet
  • Ingerigte kombuis met braai geriewe
  • Kamp stoele/tafels

Tentkamp-linne nie ingesluit. Gaste word versoek om eie slaapsakke/kussings te bring.
Geen elektriesiteit nie, slegs Solar-ligte. Vries geriewe is by die hoofopstal – 1km.

Kinder-tariewe (nie-jag)
Onder 6 – Halfprys
Onder 2 – Gratis

Vervoer:

  • Jagbakkie teen R3 500 p/dag
  • Eie vervoer ook welkom (4×4)

Ekstras:
Braaiboom

  • Buitelig braai/kuier area ten volle toegerus in wildskamp.
    Braaipakke
  • Vleis, wors en sosaties kan vooraf bestel word indien nodig

Ys – voldoende ys beskikbaar – 2kg pakke @ R30/sak

Vleisverwerking

  • Alle wild gejag word verwerk, verpak en gevries teen addisionele koste
    (Sien vleisverwerkingspakket aangeheg)

Vrieskamer

Beskikbaar teen R500.00 per dag per groep
Slaglammers: (prys kan voorsien word op aanvraag)
Opgesaag, vakuumverpak en gevries.Moet voor-af bestel word.

Algemene Inligting:

Derms, speserye en vet kom addisioneel by.
Jagter kan self derms, speserye en vet voorsien indien so verkies.
Geen koelhouers word benodig nie. Vleis word gepak en gevries in maklik hanteerbare pakke.
Alles word duidelik gemerk om enige verwarring te voorkom.
Slagfooi – Groot wild: R150.00 en klein wild R80.00.

Opsie 1

R6/KG: Heel stukke (karkas-gewig)
Heel stukke word skoongemaak en verpak sodat dit gevries kan word.

Opsie 2

R11/KG: Bulk (+- 10kg) verpakking (karkas-gewig)
Sny van biltong, worsvleis, steaks en opsaak van bene.

Opsie 3

R15/KG: Vacuum (+-1kg) verpakking (karkas-gewig)
Die maak van biltong, steaks, nat wors, droe wors, maalvleis en opsaag. Soos jagter verkies.

Ontbeen – R9.00 p/kg.

Totale koste (wild + verwerking) kan ook naastenby voorsien word, afhangende van die opsie wat die jagter verkies en tipe verwerking.

Inligting rondom permitte vir gewere en vleisuitvoere

Geweerpermitte

  • ‘n Uitnodigingsbrief word benodig van die plaaseienaar/jaginstansie en word dan geneem na die naaste polisiestasie in SA om aansoek te doen vir ‘n geweer uitvoerpermit na Namibië.
  • By die Namibiese grens word die uitvoerpermit ingegee en hulle verskaf dan ‘n invoerpermit vir die geweer om oor die grens te reis. Invoerpermit word weer benodig met vertrek by die grenspos.

DIE GRENSPOS VAN BINNEKOMS SE NAAM MOET OP DIE GEWEER PERMIT VERSKYN. AS JY DEUR RIETFONTEIN KOM MOET DIT OP DIE GEWEER PERMIT AANGEDUI WORD.

Vleispermitte

(Jagseisoen is vanaf 1 Mei tot 31 Augustus)

  • Die Jagter moet aansoek doen vir ‘n vleis-invoer permit in Pretoria vir ‘n maksimum van 500kg.
  • Die plaaseienaar/Jag-instansie gaan neem ‘n jagpermit (R100) uit in Keetmanshoop, Namibië en ‘n kwitansie (R50) vir die vleispermit teen R150 per persoon.
  • Die Jagter gebruik die SA-vleispermit en kwitansie van Namibië tesame met sy Nam-jagpermit om die vleis oor die grens te neem. Dis slegs moontlik by die Ariamsvlei en Noordoewer grensposte om vleis deur te neem.
  • Ariamsvlei is 170km vanaf Louwsvley geleë.
  • Noordoewer is 400km vanaf Louwsvley geleë.

NB: MAAK ASB. SEKER DAT U PASPOORT BY AL 2 GRENSPOSSTE (NAMIBIA EN SUID-AFRIKA) GESTEMPEL WORD MET BINNEKOMS EN VERTREK.
DAAR IS OOK ‘N ‘ROADFUND’ WAT MOET BETAAL WORD BY DIE NAMIBIESE GRENSPOS VIR ALLE INKOMENDE VOERTUIE.
KINDERS ONDER 18 JAAR HET SEKERE DOKUMENTE NODIG AAN DIE RSA KANT INDIEN NIE SAAM MET AL 2 OUERS OOR DIE GRENS BEWEEG NIE.
(Ons kan u van die nodige inligting voorsien indien nodig)

AANWYSINGS VANAF RIETFONTEIN/AROAB

Draai links by die kruising(stopstraat) in Aroab (Vulstasie is regs)
Ry verby die Privaatskool op jou linkerkant. Draai links by die T-aansluiting op die Karasburg-pad en ry oor die brug. Na +- 2km op die Karasburg pad draai links by die T-aansluiting
op pad nr D622.
Na 28 km, 2de plaas op linkerkant. Naambord op linkerkant.

Categories

Rentals Categories

Features

Regions

Animals

Terrains

Pricing

Accommodation

  • Hunter

    Per person per night

    R 350.00
  • Non-Hunter

    Per person per night

    R 350.00
  • Child

    Per person per night

Other

  • Game drives
  • Skinning
    Free
  • Guide/PH
    Free

Location

Booking

Guest Breakdown 0
Number of Guests 1
Number of Guests
Have a coupon?
This coupon was added
Login to Book
1 person bookmarked this place