Sign In

  • Size of property
    4000 ha
  • Payment
    EFT, Card
  • Beds
    20

Alpetra Nature Reserve is ‘n 4000ha jag bestemming/ervaring in die Waterberge distrik van Limpopo. Met berge, klowe, strome en vlaktes is ons perfek vir die jagter wat wil stap, bekruip of wil voorsit. Met ten volle toegeriste fasiliteite en uitsonderlike diens, belowe ons nie net ‘n jag nie, maar ‘n ervaring.

Ons voorsien dienste aan: Vleis jagters (Blitong jagter), Korporatiewe groepe tot en met 20 jagters, trofee jagters en vir families wat wil kom wegbreek.

By Alpetra Nature Reserve is die fokus op die ervaring van die jagtog en die ekstra myl is nooit te vêr om te gaan om ‘n onvergeetlike ervaring te belowe nie. Ons personeel is profesioneel, ons fasiliteite is tops, ons diens is besonders en die natuurskoon is onvergeetlik mooi. Kom kuier by ons rondom ‘n knoesige vuur en ervaar hoe dit moet wees om in die bosveld te jag!

PLAAS BESKRYWING:

Ons het 2 lodges wat so 8km uitmekaar is.

  • Die lodge kan tot en met 20 jagters op een slag akkommodeer, op die meeste twee persone per kamer wat dan ‘n badkamer deel. Kamers het Air-cons, Wi-fi, kaggels en self catering kombuise.
  • Daar is 5 eenhede. Buffelsfontein is een groot lodge en kan tot en met 12 jagters op een slag hanteer.

Die plaas is in 4 kampe verdeel

  • 2 x 500ha Buffel teelkampe: Hier is ook gewone wild in wat gejag word, Rooibokke, Wildebeeste, Zebra, ens
  • 2 000ha kamp: Hierdie is die hoof jagkamp met al die wild om te jag
  • 1 000ha Jag- en bulkamp: Hierdie is waar ek my buffel bulle afgooi om te jag en ook dan al die ander spesie het om te jag. Hier is ook buffel koeie wat gejag kan word, swak bulle, harde boss bulle en ook trofee bulle.

Ons het 4 x toegeruste jag voertuie en ook drie gekwalifiseerde beroepsjagters. Ons kan ook Krokodil, Seekoei, Renoster, Tsessebe en Rietbok jag by ons, dit is wel op aanvraag. Ons doen ook trofee jag vir die binnelandse mark.

    • Jagter ‘self-catering’: R650/nag
    • Nie-jagter ‘self-catering’: R500/nag
    • ‘Self-catering’ groepe bly in Buffelsfontein lodge: min 6 persone, maks 12 persone
    • Jagter ‘catering’ ingesluit: R1 400/nag
    • Nie-jagter catering ingesluit: R 1 200/nag
    • Kind onder 18 catering ingesluit: R 600/nag
    • ‘Catering’ groepe bly in die ander lodge: min 6 persone, maks 20 persone
    • ‘Catering’ sluit volgende in: Ontbyt, middag ete/brunch, aandete, koeldranke en water. ‘Catering’ sluit NIE drank/alkohol in nie.
    • Dagfooie sluit die volgende in: Ten volle toegeruste eenhede met alle benodighede, hout en ys (binne perke), daaglikse skoonmaak van geriewe, Wi-Fi, gebruik van koelkamer, slag van diere, slag en sout van trofees, beroepsjagters, gidse en spoorsnyers,
    • Dagfooie sluit jagvoertuig en ‘staff gratuities’ uit.
    • Voertuie kostes: R1 000/dag. Een voertuig kan vier jagters vat, daar is 5 x jag voertuie beskikbaar. Eie voertuig mag gebruik word.
  • Jag metodes: Voertuig (slegs met gewere met ‘n knaldemper), walk-and-stalk, voorsit.
  • Plaas grootte: 4 000ha
  • Area: Waterberg (Ellisras/Vaalwater/Thabazimbi – ons is so mooi in die middel van hierdie drie dorpe)
  • Ander aktiwiteite: Perdry, Visvang ‘charter’ by Mokolo dam vir Bass ‘visvang-dag’, Groot 5 wildritte en Spa in Welgevonden Game Reserve (2km).
  • Familie-vriendelik
  • Aanloopbaan beskikbaar – Tot en met ‘King-Air’ grootte.
  • 600m Skietbaan met teikens vir langafstand, hand geweer en haelgeweer (kleiduif gooier en duiwe beskikbaar).
  • Piekniek/veldbraai by vol toegersute dagkamp by ‘n dam op die eiendom.

Rates 2023

Hunter R 1 400 p/p per night (Catered)
Non-hunter R 1 200 p/p per night (Catered)
Children under 18 R 600 p/p per night (Catered)
Children under 6 No charge
PH (Buffalo hunt) No charge (one per customer)
VAT Excluded

Game Prices 2023

SPECIES FEMALE MALE TROPHY RW
Blesbok  R             2 500  R             3 000  R             5 500 16 1/2″
Blue Wildebeest  R             3 800  R             6 000  R           10 000 28 1/2″
Buffalo  R           20 000  R        100 000  R        125 000 42″
Bushbuck  NA  R             8 000  R           12 000 15″
Bushpig  R             4 000  R             4 000  R             5 000 5 1/2″
Cape Eland  R             8 000  R           15 000  R           35 000 35″
Gemsbok  R           10 000  R           10 000  R           20 000 40″
Impala  R             1 800  R             3 500  R             6 000 23 5/8″
Kudu  R             6 000  R           20 000  R           35 000 53 7/8″
Nyala  R             3 000  R           12 000  R           18 000 27″
Red Hartebeest  R             8 000  R           12 000  R           18 000 23″
Sable  R           10 000  R           30 000  R           45 000 41 7/8″
Warthog  R             1 500  R             2 000  R             2 500 13″
Waterbuck  R             6 000  R           20 000  R           35 000 28″
Zebra  R             5 000  R             5 000

All prices exclude VAT
50% Deposit payable upon confirmation of booking
Minimum 4 nights stay and 4 hunters per booking
Own vehicles may be used – Hunting vehicle charged at R1 000,00 per day (Max 4 Hunters/vehicle)
Minimum .243 calibre allowed for small to medium game
Minimum .300 calibre allowed for large game
Minimum .375 calibre allowed for dangerous game
No hunting from vehicles unless rifles are equipped with silencers.
Skinning and tracker fees are included.

Come fall in love with God’s creation

Visited & Verified by NextHunt on 05/01/2023
Updated: 17/01/2023

Categories

Rentals Categories

Features

Regions

Animals

Terrains

Pricing

Accommodation

  • Hunter

    Hunter per person per night. Catering included.

    R 1,400.00
  • Non-Hunter

    Non-hunter per person per night. Catering included.

    R 1,200.00
  • Child (2-18)

    Child (13-18) per person per night. Catering included.

    R 600.00
  • Child (0-2)

    Child (0-13) per person per night

    Free

Other

  • Hunting vehicle

    Own vehicles may be used - Hunting vehicle charged at R1 000,00 per day (Max 4 Hunters/vehicle)

    R 1,000.00
  • Tracker
  • Skinner
  • Rifle hire

    R300/day for small-med calibers. R40/round.R500/day for large calibers. R80/round.

    R 300.00

Location

Verified Listing

Booking

Guest Breakdown 0
Number of Guests 1
Number of Guests
Have a coupon?
This coupon was added
Login to Book

Message the Host

    Preferred contact method

    11 people bookmarked this place