Sign In

  • Size of property
    1500 ha
  • Payment
    EFT, Card, Cash
  • Beds
    5

Selfsorg eenheid – met uitsig oor dam en visvang ingesluit R2000.00 per nag vir die eenheid ongeag 1 of 6 mense.
1 slaapkamer Chalet met 5 gemaklike beddens, volledige toegeruste kombuis en badkamer met Eskom krag en warm water. Visvang Gratis!
Chalet word 1 keer per dag skoongemaak en hout word voorsien
Wat moet jy saam bring: Drinkwater, Kos en drinkgoed, Handoeke en beddegoed
Minimum van 2 nagte.

Algemene inligting en reels:

Boog en geweerjag word toegelaat.
Plaasgrootte; 1500Ha. Alle jag word gedoen te voet en geen skiet van bakkie af word toegelaat nie.
Koelkamer, voertuig en afslag van wild is by die dagfooie ingesluit.
Voertuig, koelkamer en afslag van wild geskiet is ingesluit in die akkomodasieprys.
Eie bakkie mag gebruik word maar slegs met die teenwoordigheid van n personeel id. 4×4 word benodig. Spoedgrens op die plaas is 30km/h. Geen drankgebruik voor of tydens die jag word toegelaat nie!
Daar is 5 (elevated) boogskuilings / hides beskikbaar. Maximum van 5 jagters in die veld per sessie.
Horinglengte word bepaal volgens die lengte van die langste of enigste horing. Die onus is op die jagter voor hy ‘n dier skiet om te verseker dat kwaliteit van vel, horings en algehele toestand van die dier aan sy standaard voldoen.
Ander fasiliteite beskikbaar is vliegveld / landing strip, skietbaan, slaghuis, vleisbewerking, ys en ekstra hout.
R200 per bok sal ekstra betaalbaar wees indien dit vir trofee geslag moet word. Sê duidelik aan die gids watter afval u wil hê bv. lewer, niertjies ens. Eie houers en verpaking material moet voorsien word vir die vervoer van vleis.
Let wel: Jag seisoen begin 01 Mei 2022 en absoluut geen vroulike diere mag gejag word vanaf 15 Augustus nie, ten spyte daarvan dat dit op die pryslys is!
Minimum kaliber is .243 en wapenveiligheid moet ten alle tye toegepas word. Misskote sal betaalbaar wees teen R500.
Geen nagjag word toegelaat nie. Gekweste wild moet ten volle betaal word. Prys word bereken op die manlike prys van spesie.
Spesies wat nie op die pryslys is nie, mag nie gejag word nie. Indien ‘n spesie geskiet word wat nie op pryslys verskyn nie sal R15000.00 betaalbaar wees vir die spesie wat geskiet is, ongeag wat dit is.
Die plaas word nie verlaat alvorens die volle rekening vereffen is nie. Internet is beskikbaar in die kantoor of betalings met kontant kan gedoen word.
‘n Deposito van 50% van die totale bedrag van die verblyf word verlang om u bespreking te bevestig.
Bespreking sal bevestig word sodra die depositostrokie aan ons gestuur is. Die balans van die fooie is betaalbaar 14 dae voor aankoms.
Enige kansellasie moet 6 weke voor die jag datum gedoen word.
Fooitjies vir gidse is nie ingesluit by dagfooi nie. ‘n Goeie aanduiding van ‘n fooie is R50 – R100 per sessie per gids. PH Beskikbaar teen R1000.00 per dag
Pasop vir slange, U betree die eiendom op eie risiko.

Boogjag Voorwaardes

n Minimum trek gewig va 50lbs is benodig vir die jag . dit word voorgestel dat boog wel gestel is tussen 60bs op na 80lbs.
Sorg asseblief dat U wel bekend is met u toerusting voor die jag en goed geoefen is vir die beplande skiet afstande. Alle jagters sal eers moet voldoen aan n skiet / groepering toets voor die jag plaasvind.

Daar is 4 gevalle waarop n jagter ten volle sal betaal vir n dier
a) as die dier dood gevind word;
b) as die jagter ‘n pyl geskiet het wat nie gevind kan word nie;
c) wanneer ‘n dier gevlug het en die pyl het bloed of ander tekens van liggaamsmateriaal op;
d) wanneer ‘n dier gevind word en geskiet moet word deur personeel

Aankoms en vertrektye

Aankoms : 13h00 to 18h00
Vertrek : 10h00 (Geen jag op vertrek dag nie)
In die geval dat kliente later vertrek as die gespesifiseerde tyd sal die volle dagfooi betaalbaar word.
Ideaal vir jaggroepe, korporatiewe groepe en gesinne.
Groepe van tot 15 kan geakkommodeer word.
Selfsorg- of volle spysenierning-akkommodasie.
LEES ASB PRYSLYS VOLLEDIG EN MEMORISEER VOORWAARDES EN REëLS VOOR JAG OM MISVERSTANDE TE VOORKOM!

Wildspryse

Blesbuck (Female): R2 000.00
Blesbuck (Male): R2 500.00
Blesbuck (Trophy): R3 000.00
Blue Wildebeest (Female): R4 300.00
Blue Wildebeest (Male): R5 000.00
Blue Wildebeest (Trophy): R6 000.00
Bushbuck (Female): R5 000.00
Bushbuck (Male): R8 000.00
Bushpig (Female): R2 800.00
Bushpig (Male): R2 800.00
Duiker (Grey) (Female): R2 500.00
Duiker (Grey) (Male): R2 500.00
Duiker (Grey) (Trophy): R3 000.00
Golden Wildebeest (Female): R11 000.00
Golden Wildebeest (Male): R11 000.00
Impala (Female): R1 400.00
Impala (Male): R2 200.00
Impala (Trophy): R3 000.00
Kudu (Female): R5 500.00
Kudu (Male 1): R18 000.00
Kudu (Male 2): R25 000.00
Mountain reedbuck (Female): R3 000.00
Mountain reedbuck (Male): R4 500.00
Red Hartebeest (Female): R6 000.00
Red Hartebeest (Male): R8 000.00
Sable (Female): R8 000.00
Sable (Male): R50 000.00
Warthog (Female): R1 000.00
Warthog (Male): R1 000.00
Waterbuck (Female): R6 000
Waterbuck (Male): R12 000.00
Zebra (Burchell’s) (Female): R5 000.00
Zebra (Burchell’s) (Male): R5 500.00

Categories

Rentals Categories

Features

Regions

Animals

Terrains

Pricing

Accommodation

  • Hunter

    Hunter per person per night

    R 400.00
  • Non-Hunter

    Non-hunter per person per night

    R 400.00
  • Child
    R 400.00

Other

  • Daily Cleaning
    Free
  • Hunting vehicle
    Free
  • Tracker
    Free
  • Skinner
    Free

Booking

Guest Breakdown 0
Number of Guests 1
Number of Guests
Have a coupon?
This coupon was added
Login to Book

Message the Host

    Preferred contact method