Sign In

  • Size of property
    1500 ha
  • Payment
    EFT, Card, Cash
  • Beds
    12

Luukse akkommodasie teen R 8,500.00 vir die hele lodge per dag

Vir ‘n naweek-wegbreek kan lodge vir R1 750.00 gehuur word indien daar nie gejag word nie.

6 kamers met dubbel- of enkel beddens en en-suite badkamers – slaap maksimum 14 gaste
Die lodge verblyf word bespreek slegs met n ‘’catered / semi catered’’ 2 etes per dag reeling direk met die lodge bestuur addisioneel en sluit ook in geriewe soos ‘n kontantkroeg, TV/DSTV, swembad en boma met pragtige groen grasperke en uitsigte van die Waterberge.
Kamers word 1 maal per dag skoongemaak. Kostes sluit in jag fooi, voertuig, koelkamer en afslag van wild geskiet.
Jag-besprekings moet minimum van 2 nagte wees

Algemene Inligting en Reels:

Boog en geweerjag word toegelaat.
Plaas grootte; 1500Ha. Alle jag word gedoen te voet en geen skiet van bakkie af word toegelaat nie.
Koelkamer, voertuig en afslag van wild is by die dagfooie ingesluit.
Voertuig, koelkamer en afslag van wild geskiet is ingesluit in die akkommodasie prys.
Eie bakkie mag gebruik word maar slegs met die teenwoordigheid van n personeellid. 4×4 word benodig. Spoedgrens op die plaas is 30km/h. Geen drank gebruik voor of tydens die jag word toegelaat nie!
Daar is 5 (elevated) boog skuilings / hides beskikbaar. Maksimum van 5 jagters in die veld per sessie.
Horinglengte word bepaal volgens die lengte van die langste of enigste horing. Die onus is op die jagter voor hy ‘n dier skiet om te verseker dat kwaliteit van vel, horings en algehele toestand van die dier aan sy standaard voldoen.
Ander fasiliteite beskikbaar is vliegveld / landing strip, skietbaan, slaghuis, vleis bewerking, ys en ekstra hout.
R200 per bok sal ekstra betaalbaar wees indien dit vir trofee geslag moet word. Sê duidelik aan die gids watter afval u wil hê bv. Lewer, niertjies ens. Eie houers en verpakkingsmaterial moet voorsien word vir die vervoer van vleis.
Let wel: Jag seisoen begin 01 Mei 2022 en absoluut geen vroulike diere mag gejag word vanaf 15 Augustus nie, ten spyte van dat dit op die pryslys is!
Minimum kaliber is .243 en wapenveiligheid moet ten alle tye toegepas word. Misskote sal betaalbaar wees teen R500.
Geen nagjag word toegelaat nie. Gekweste wild moet ten volle betaal word. Prys word bereken op die manlike prys van spesie.
Spesies wat nie op die pryslys is nie, mag nie gejag word nie. Indien ‘n spesie geskiet word wat nie op pryslys verskyn nie sal R15 000.00 betaalbaar wees vir die spesie wat geskiet is, ongeag wat dit is.
Die plaas word nie verlaat alvorens die volle rekening vereffen is nie. Internet is beskikbaar in die kantoor of betalings met kontant kan gedoen word.
‘n Deposito van 50% van die totale bedrag van die verblyf word verlang om u bespreking te bevestig.
Bespreking sal bevestig word sodra die depositostrokie aan ons gestuur is. Die balans van die fooie is betaalbaar 14 dae voor aankoms.
Enige kansellasie moet 6 weke voor die jag datum gedoen word.
Fooitjies vir gidse is nie ingesluit by dagfooi nie. ‘n Goeie aanduiding van ‘n fooie is R50 – R100 per sessie per gids. PH Beskikbaar teen R1 000.00 per dag.
Pasop vir slange. U betree die eiendom op eie risiko.

Boogjag Voorwaardes:

n Minimum trek gewig va 50lbs is benodig vir die jag. Dit word voorgestel dat boog wel gestel is tussen 60bs op na 80lbs.
Sorg asseblief dat u wel bekend is met u toerusting voor die jag en goed geoefen is vir die beplande skiet afstande. Alle jagters sal eers moet voldoen aan n skiet / groeperingtoets voor die jag plaasvind.
Daar is 4 gevalle waarop n jagter ten volle sal betaal vir n dier:
a) as die dier dood gevind word;
b) as die jagte n pyl geskiet het wat nie gevind kan word nie;
c) wanneer ‘n dier gevlug het en die pyl het bloed of ander tekens van liggaams materiaal op;
d) wanneer ‘n dier gevind word en geskiet moet word deur personeel

Aankoms en vertrektye:

Aankoms : 13h00 to 18h00
Vertrek : 10h00 (Geen jag op vertrek dag nie)
In die geval dat kliente later vertrek as die gespesifiseerde tyd sal die volle dag fooi betaalbaar word.
Ideaal vir jaggroepe, korporatiewe groepe en gesinne.

LEES ASB PRYSLYS VOLLEDIG EN MEMORISEER VOORWAARDES EN REëLS VOOR JAG OM MISVERSTANDE TE VOORKOM!

Wildspryse 2023

Blesbuck (Female): R2 600.00

Blesbuck (Male): R3 200.00

Blue Wildebeest (Female): R4 600.00

Blue Wildebeest (Male): R5 500.00

Blue Wildebeest (Trophy 27″+): R6 000.00

Bushbuck (Female): R6 000.00

Bushbuck (Male): R10 000.00

Bushpig (Female): R2 000.00

Bushpig (Male): R2 000.00

Duiker (Grey) (Male): R2 500.00

Eland Livingstone (Female): R15 000.00

Eland Livingstone (Male): R29 000.00

Giraffe (Male): POR

Giraffe (Female): POR

Golden Wildebeest (Male): R10 000.00

Hunting Birds: R50.00

Impala Knypkop (Female): R1 600.00

Impala Knypkop (Male): R1 900.00

Impala (Male): R2 800.00

Impala (Trophy 22″+): R3 000.00

Kudu (Female): R6 000.00

Kudu (Male) (42″ and below): R12 000.00

Kudu (Male 42″-52″): R15 000.00

Kudu (Male 52″+): R28 000.00

Klipspringer (Female): R8 000.00

Klipspringer (Male): R9 000.00

Monkey: R500.00

Nyala (Female): R6 000.00

Nyala (Male): R12 000.00

Nyala (Trophy) 27″ and up: R16 000.00

Ostrich: R2 500.00

Red Hartebeest (Female): R6 000.00

Red Hartebeest (Male): R8 500.00

Mountain Reedbuck (Female): R5 500.00

Mountain Reedbuck (Male): R7 000.00

Sable (Male): POR

Sable (Female): POR

Warthog (Female): R1 800.00

Warthog (Male): R1 200.00

Waterbuck (Female): R6 000

Waterbuck (Male): R9 000.00

Zebra (Burchell’s) (Female): R5 500.00

Zebra (Burchell’s) (Male): R5 500.00

Prices exclude VAT.

Visited & Verified by NextHunt on 05/01/2023
Updated: 21/02/2023

Categories

Rentals Categories

Features

Regions

Animals

Terrains

Pricing

Accommodation

  • Hunter

    Hunter per person per night

    R 625.00
  • Non-Hunter

    Non-hunter per person per night

    R 625.00
  • Child
    R 625.00

Other

  • Game drives
  • Daily Cleaning
    Free
  • Hunting vehicle
    Free
  • Tracker

    Included in day rates. PH available at R1000/day

    Free
  • Skinner
    Free

Location

Verified Listing

Booking

Guest Breakdown 0
Number of Guests 1
Number of Guests
Have a coupon?
This coupon was added
Login to Book

Message the Host

    Preferred contact method

    5 people bookmarked this place